EKSKLUSIEWE MANDAAT - ’n Besonderse Ligging. ’n Uitsonderlike Leefstyl.
Hierdie besonderse eiendom, met sy uitsonderlike ligging, bied ’n seldsame geleentheid binne die gewilde Die Oog Aftree Landgoed.
Die huis is teen ’n koppie geleë, waar njalas gereeld tot by jou voordeur kom kuier. Hier word die natuur nie bloot bewonder nie – dit word deel van jou daaglikse leefstyl. Die ligging skep ’n unieke wisselwerking tussen die gemak van jou huis en die ongerepte bosveld rondom jou.
Die ruim, glas-toegeboude stoep is ’n ware verlenging van die leefruimte en bied die perfekte plek om jou voete uit te skop, asem te haal en die natuur, wildlewe en voëllewe in alle rustigheid te geniet. Die ligging bied terselfdertyd ’n besonderse mate van privaatheid, met geen direkte sigbaarheid van bure.
Hierdie drieslaapkamer-, tweebadkamerhuis is met sorg uitgelê om ’n gemaklike, elegante en praktiese leefstyl te verseker. Dit is die ideale eiendom vir diegene wat wil afskaal, maar steeds waarde heg aan ruimte, gerief en ’n gevoel van boslewe.
Die dubbelmotorhuis bied veilige parkering, asook waardevolle ekstra pakplek. Aangrensend is daar ’n onderdak, toegeboude area met ’n wastrog en ekstra rakke – ’n uiters praktiese ruimte vir tuingereedskap, toerusting en algemene berging.
Wanneer jy by die voordeur instap, word jy verwelkom deur ’n lieflike oopplan-kombuis-, eetkamer- en sitkamerarea, wat naatloos aansluit by die toegemaakte patio. Die patio is uitstekend ingerig met ’n ingeboude braai, asook ’n vlekvryestaal-gasbraai (Weber) met ’n ekstraksie waaier (extractor fan) – ideaal vir gemaklike onthaal en lang, gesellige kuiers.
Die kombuis is funksioneel én stylvol uitgelê, met voldoende kasruimte en ’n sentrale eiland met graniet-werkblaaie. Die oopplan-ontwerp verseker dat die kok steeds deel bly van die geselskap en die atmosfeer van die leefruimte.
Die sitkamer is aan die linkerkant, waarna ’n gang lei na die eerste slaapkamer aan die regterkant, die gastebadkamer ook aan die regterkant, en die tweede gastekamer aan die linkerkant. Die ruim hoofslaapkamer is aan die einde van die gang geleë.
Die hoofslaapkamer is ’n besonder ruim en ligte vertrek, met glas-skuifdeure wat toegang bied tot beide die voor- en agterkant van die huis. Die ingeboude kaste is prakties in die deurgangsarea na die badkamer ingerig, met kaste aan weerskante van die muur.
Die hoofbadkamer is ’n volledige badkamer, bestaande uit ’n bad, dubbelwasbak, toilet en stort.
Hierdie is ’n eiendom wat ewe goed geskik is vir rustige, privaat daaglikse leef as vir die onthaal van familie en vriende – met grasie, gemak en genoeg ruimte vir elke geleentheid.
Eiendomme met só ’n ligging, privaatheid en direkte kontak met die natuur kom selde op die mark. Wanneer ’n eiendom van hierdie aard beskikbaar raak, is dit ’n geleentheid wat nie ligtelik verbygegaan moet word nie.
Moenie wag totdat dit te laat is nie.......
Kontak my vandag nog om ’n privaat besigtiging van hierdie besonderse eiendom te reël.
Terwyl alle pogings aangewend is om die akkuraatheid van die inligting wat verskaf is te verseker, kan Century 21 Bushveld en sy agente nie verantwoordelik gehou word vir enige foute, weglatings of wanvoorstellings nie. Alle inligting word te goeder trou verskaf en behoort onafhanklik deur voornemende kopers geverifieer te word.